Vat vlam met ’n vars, nuwe voorkoms
’n Mens kan bloot na die Chevrolet Beat-konsepmotor kyk om te sien waar die ultravernuwende 5-deur-Spark sy inspirasie kry. En jy kan nie die Spark se sportiewe houding en parmantige styl miskyk nie. Want buiten veelsydigheid, speel oorspronklikheid ’n groot rol in hierdie klein motor se ontwerp.


Voel die vuurkrag
Party motors lyk regtig stylvol. Ander lyk regtig vinnig. Die Spark is ’n unieke mengsel van albei. Lewendig en ligvoets in die stad, stabiel en gewillig op die langpad, en pure pret om te bestuur – ongeag waarheen jy gaan. Die Spark is, kortom, spesifiek ontwerp om ’n nuwe standaard te stel vir die bestuur-ervaring wat stadsmotors bied.
Vat vlam deur vernuwing
Praat van onverwags! ’n Motorfiets-geïnspireerde instrumentpaneel? Jy sou nie daaraan gedink het nie. Die Spark fokus op intelligente ontwerp en maksimum gerief, daarom is die binne-afwerking net so puik soos buite. Deftig, stylvol en ruim – dís Spark se kind.

Bly warm op die spoor
Daar het jy dit nou. Die splinternuwe Chevrolet Spark. Nie net deftig nie, maar een wat regtig uittroon. Nie net prakties nie, maar modieus en vol pret. Wil jy op hoogte bly van Spark-nuus en nuwe brokkies? Volg dit eenvoudig op Twitter. Maar maak jou reg vir ’n vuurwarm ervaring, want die tyd het gekom om vlam te vat vir ’n verandering.
Chevrolet rondom die wêreld
Kliek op jou land hieronder om meer oor Chevrolet-voertuie in jou streek te leer.
















